Waar ons nou die paasfees gaan vier, spreek hierdie onderstaande gedig van Vader Bonaventure my aan.
Ek kan elke dag leef in dankbaarheid vir genade, gesondheid en kos op die tafel. Omdat ek het, wil ek graag uit my eenvoudige oorvloed ook deel met ander wat nie het nie – al is dit net ‘n stukkie brood.

Feesgety uit die bundel “Sover” deur Vader Bonaventure Hinwood

stil is die straat
in blinde hande teem
‘n verweerde konsertina
oor sinkplaatwange gly
blink in die neonlig ‘n vogtigheid
af in ‘n verskrompelde hoed
waar geen rande glinster nie

die geur van warm kalkoen
speenvark met Krismispoeding
dam teen neusgate op
in die stoppelbaard blink
druppels in die neonlig
wat in die verskrompelde hoed aftap
waar geen sente glinster nie

2015-03-31 20.43.37

2015-03-31 20.44.09

Be Sociable, Share!

Leave a Reply